Die Groot Leuen van "Nie Genoeg Nie"
- Madre Kohn
- Jun 3
- 3 min read
Ons word grootgemaak met ’n gevoel van tekort.
Nie genoeg tyd nie. Nie genoeg geld nie.
"Dink jy geld groei op my rug?"
Of meer modern: "Lyk ek vir jou soos 'n ATM?"
Klink dit bekend?
Dis die stem wat fluister as jy iemand anders sien floreer:
“Hoekom sy en nie ek nie?”
Dis die desperaatheid wat jou laat afslag gee net om seker te maak iemand koop.
Dis die angs wat jou laat ja sê vir alles, selfs al gaan jy bietjie dood elke keer binne in jou. En voor jy jouself kry, raak jy diep betrokke by erfporsies op iemand anders se doodsbed om seker te maak jy kry wat jy dink jou toekom. Tenspyte van ander.
Dis die lack mindset, ook bekend as die scarcity mindset – die oortuiging dat daar nie genoeg is nie.
En dis ’n leuen.
Hoe lyk dit in die regte lewe?
Jy skakel terug na ou pryse of verhoog nie laasjaar se rate nie, bang jy verloor kliënte.
Jy vergelyk jouself met ander se sukses en voel jy is agter.
Jy hou vas aan dinge wat nie meer werk nie, uit vrees dat niks beter kom nie.
Jy glo jy moet nog iets bykry voor jy goed genoeg is – ’n kursus, ’n prop, ’n item, ’n bevestiging.
Ek sê dit nie uit ’n plek van oorwinning nie – ek sê dit omdat ek daar was. En baie kere steeds daar is. Hierdie gebrek-mentaliteit is regtig bad, én sad. Dis in ons stories, ons vrese, en hoe ons groot geword het.
Maar hier’s die waarheid:
Gebrek is dikwels net ’n bril waardeur jy kyk.
En ons kan daardie bril afhaal.
Wat gebeur as jy oorgaan van gebrek na genoeg?
Jy begin vra wat jy werd is – en mense betaal dit.
Jy laat gaan wat nie meer dien nie – met vrede. Goeters én mense.
Jy deel jou idees en resources vrylik en sonder vrees dat iemand dit gaan “steel”.
Jy begin leef en werk met natuurlike passie – nie net vir oorlewing nie.
Elke keer wat ek kies om te vertrou, gebeur daar iets mooi:
’n Onverwagsde geleentheid, ’n stil wete, ’n ligter gemoed.
Van Gebrek na Genade
Ons almal kan baat by bietjie meer genade – vir onsself en vir ons pad.
Jy hoef nie perfek te wees of alles reg te hê nie.
Jy hoef nie alles vir almal te wees nie.
Dalk is jy reeds genoeg. Dalk is daar reeds genoeg – kliënte, geleenthede, liefde, tyd.
Kyk om jou. Asem in.
Kyk wat jy wél het.
En begin bou vanuit daardie plek.
My (Sad) Storie
Daar was ’n tyd wat ek elke klein ontwerpprojek aanvaar het – al het dit my laat opbly ná middernag, al het dit my kinders se roetine ontwrig. Want ek was bang. Bang dat as ek nee sê, daar niks anders gaan kom nie. Bang dat ek nie gaan kan sorg nie.
Ek het pryse laag gehou uit vrees dat mense nie gaan koop nie. Ek het idees gebêre omdat ek gedink het iemand anders gaan dit steel of beter doen. Ek het gewerk soos iemand wat moes bewys sy verdien haar plek.
Maar toe gebeur iets. Of liewer – toe gebeur niks. Ek het ’n projek verloor. Ek het vir iemand gesê ek’s volgeboek, en hulle het nie teruggekom nie. En weet jy wat? Ek was okay. In daai stil gapings het beter dinge ingekom - kliente wat my styl verstaan. Werk wat my nie uitbrand nie. Tyd saam met my seuns sonder skuldgevoel.
Ons kan dit doen – stadig, maar seker
Sit die bril van gebrek neer.
Kies om anders te kyk na goed.
Glo: daar is genoeg. Jy is genoeg.
Ek leer steeds elke dag om die ding anders te bekyk. Maar hoe meer ek kies om te glo daar is genoeg — hoe meer begin ek dit sien.
Your pace. Your path. Your purpose. Your peace.
As jy iets visueel soek om jou elke dag te herinner aan jou eie tempo, jou eie storie en dat daar genoeg is — ek het vir jou 'n foon- of rekeaar agtergrond ontwerp.
👉 Beskikbaar in twee formate:
📱 Foon (1080x1920)
💻 Rekenaar (1920x1080)
Scroll na onder vir die gatis download link.
Rekenaar agtergronde:




Selfoon agtergronde:
Sommer lus om kaartjies te maak hiervan, want dis soveel beter as "SORRY FOR YOUR LOSS". I mean, wat bring dit jou in die sak?
Tot volgende keer.
Madre x
תגובות