top of page

Ek het gewag vir die regte tyd vir die blog post ...

  • Mar 17
  • 2 min read

Ek het so rukkie terug 'n stukkie gekry van ’n goeie vriendin via Whatsapp.


Nie ’n resep nie. Nie ’n funny video nie. Net ietsie geskryf deur iemand anonymous wat, persoonlik vir my, hoogs treffend was. Dit het gegaan oor Isaiah 45:3.


Ek het dit ’n paar keer oor gelees en toe ’n blog post begin omdat ek so geïnspireerd was. Maar ek het gevoel die tyd was nog nie reg om die 'publish' knoppie te druk nie. Dit het toe so rukkie hier geleef in my drafts.


Maar vanaand laat ek hom vry.


Vandag is moeilik. Gister 4 jaar terug was my oorlede man se begrafnis. En op ’n manier na vandag het Maart nou ’n simbool van loss vir my geword. Loss en laat gaan.



Isaiah 45:3:

“I will give you the treasures of darkness, and hidden riches of secret places…”

Treasures ...

... of darkness.


Daai twee woorde het my vasgehaak.


Want as ons eerlik is, bid ons mos gewoonlik onsself uit donker seisoene uit.

Ons vra vir lig. Vir antwoorde. Vir ’n plan. Vir ’n uitweg.


Maar hierdie vers sê iets heeltemal anders.

Dit sê daar is skatte daar.

In die donker.


En dit laat my dink aan hoe baie dinge in ’n mens se lewe eers sin maak later.

Daai seisoene wat verwarrend voel. Die tye wat jy wonder wat op aarde God besig is om te doen. Is dit selfs Hy? Die dae wat net… swaar voel.


En tog as jy later terug kyk, sien jy hoe iets in jou gevorm is.

’n Diepte. ’n Sagtheid. ’n Geloof wat nie so maklik geskud word nie.


Hidden riches.


Nie die tipe blessings wat almal kan sien nie, maar die tipe wat diep binne jou groei ... en wat net kan groei as als als nie vanilla is nie. Partykeer moet mens uit mens se gemaksone wees.


En toe kom die deel wat my die meeste geraak het:


“…who call you by your name…”

Hy roep jou by jou naam.


Nie by jou foute nie. Nie by jou verlede nie. Nie by wat ander mense oor jou sê of gaan sê nie, of hulle opinie oor jou nie.

By jou naam.


Wat beteken selfs wanneer ’n seisoen donker voel - is jy nie verlore nie.

Selfs wanneer dinge onseker voel - is jy nie onsigbaar nie.


God werk nie net in die ligte oomblikke van ons lewe nie.

Hy werk ook in die stil donker plekke wanneer mens stukkend voel.


Miskien is die donker nie altyd iets waaruit ons so vinnig as moontlik moet ontsnap nie. Miskien is dit soms ook ’n plek waar God besig is om Sy skatte te vorm. Presies waar ons moet wees vir daardie spesifieke seisoen.


En vandag weereens, tussen my laptop screen en my vriendin se boodskap, het daai gedagte my net laat stil raak. God is nie afwesig in jou moeilike seisoen nie, Hy werk in hom.


So ek deel dit hier.

Net dalk moes iemand anders dit ook vandag hoor. Deel dit ook met ’n vriendin wat jy voel in die donker is soos wat myne dit met my gedeel het.



 
 
 

Comments


© 2025 MK Creative

bottom of page