top of page

En só maklik slip die lewe onder mens uit

Updated: Jun 3

Ons het wéér getrek. Maar ek is baie bly oor hierdie keuse vir ons as gesin. Ek sal fotos binnekort deel.


Met 'n trekkery kom 'n uitgesorteerdery. En alhoewel ek dit onlangs gedoen het, bly daar maar altyd 'n odd boks vol random crap oor waarmee mens nie op die laaste nippertjie kon deal nie. So dan moer mens maar als saam in een of ander kartondoos met die belofte dat jy dit "daar anderkant" sal uitsorteer.


Slips. Inkopiestrokies is my einde. Die dag wat jy besluit om ontslae daarvan te raak, die volgende dag sien jy die vleis is vrot of die item werk nie reg nie. Dan is die slip al op die ashoop. Ja, ek weet, dis tipies hoarder mentality vibes en ek probeer werk daaraan.


Maar vandag toe ek weer goed vanaf ons  storage unit by die nuwe huis aanbring het ek so 5 slips teegekom. 3 van hulle het ek gou weggeggooi maar die ander twee het my na 'n tipe stilte geruk. Dit was 'n snaakse gevoel. Amper asof realiteit my in daardie oomblik ingesluk het.


5 Maart 2022, Ou Kaya padstal. R150. 12:58. Twee stepping stones vir ons tuin wat ons daardie dag 'n makeover sou gee. Uiteindelik.


En dan die ander slip, die volgende inkopie, nie baie lank daarna nie:


5 Maart 2022, Medi Clinic Paarl. R5 190. 16:20. Red triage & Red triage - Dr fee.


Net nog 'n purchase aan die Medi-Clinic waar ek duisende goed moes teken en invul terwyl hulle geweet het Jody is reeds dood. Maar hier sit ek en probeer ID en selfoonnommers onthou, met 'n hand wat so rattle, ek kan skaars skryf. Maar tog hou ek vas aan die hoop en gedagte dat hy okay sal wees want hoekom sal hy dan nou nie fine wees nie? Hy was nog altyd fine. Selfs na die quadbike én motorongeluk.


Eintlik was die vorms maar net dat hulle weet ek sou betaal. Die handtekening was neergesit. Die deal was ge-seal. Ek het nog na die tyd vir die ou gevra toe ek my besigheidskaart moes swipe vir R5 190, "Jy het reeds geweet my man is dood, nê?"


"Ja mevrou, ek is jammer" het hy geantwoord.


"Jy het 'n kak job" het ek gesê.


Dankie vir die lening Madre Kohn Creative (Pty) Ltd.


Net nog 'n transaksie vir party. Vir iemand anders voel dit soos die einde van die wêreld.


Daardie 2 slips saam is die epitome van hoe vinnig dinge kan verander en hoe niks gewaarborg is nie. As dit nie so diep depressing was nie, sou ek dit geraam het en by die voordeur gehang het as herinnering om elke dag voluit te leef, wanneer ek die wêreld aandurf in die oggende. Maar ek sal dit eerder diep wegbêre want dis nét te seer. Ek sal dit wel nie weggooi nie.


Hierdie slip-discovery voel vandag vir my soos 'n les. 'n Boodskap. Aan my, maar dalk ook iemand anders. Dis hoekom ek dié storie deel.

 
 
 

4 Comments


SwanepoelLynnette
Oct 01, 2023

Jy verdien dit om weer gelukkig te wees! Om weer lief te hê en lief gehê te word. Geniet elke oomblik van jou nuwe journey 💕

Like

ruanette
Sep 29, 2023

Madre, ek love dit om jou blog te lees. Jy is vir my n groot inspirasie en man oh man jy skryf vir my goed! Dankie dat jy jou reis met ons hier buite deel! Jy raak regtig harte aan! Sterkte, ek dink aan jou!

Like

kruger.elana
Sep 29, 2023

Kry ek nou hoendervleis, sjoe. Baie liefde vir julle. 💛

Like

Debbie De Villiers
Debbie De Villiers
Sep 29, 2023

wow Madre ek love jou stories wat jy deel, ja die lewe gooi moerse curveballs, selfde met my verlede jaar pyn my rug ek dog dis my blindederm en whoop daar sit ek met stage 4 kanker en my nier word verwyder. wat nou? Janke is in laerskool ek is 'n enkelmamma hoe kan die Here so wreed wees ek het tot op 41 gewag tot ek haar kom kry nou wil hy haar na 12 jaar wees laat. ja maar Hy bewys my toe dat dit nie so is nie, want 2 maande later, versprei die kanker en weer terug in Mediclinic sny tumor van 15cm uit my bobeen en doen volledige knie vervanging, maar Amen amper 'n jaar…


Like

© 2025 MK Creative

bottom of page