top of page

Scones vir Aandete

  • Mar 9
  • 2 min read

My plan vir vanaand was set in stone.


Stir fry. Vars gemmer. Kool wat so lekker kraak wanneer jy dit sny. Spinasie wat vinnig in die pan inmekaar sak. Daai tipe kos wat jou laat voel jy is ’n redelike georganiseerde mens.


Maar die lewe (en kinders), het soms ander planne.


De Wet (my tiener) het al die hele naweek om my gehang met een groot missie: “Ma, ons moet scones bak. Ons het dit by verbruikerstudie gemaak.”


Nou kyk. Ek is mal oor baie dinge. Maar om saam met ’n tiener te bak wanneer jy werk, labels druk, ontwerpe finaliseer en ’n brein het wat soos ’n oop internet tab lyk met 47 dinge gelyk… dit is nie altyd bo-aan die lys nie.


En eerlik? Ek het nie veel faith gehad dat die scones gaan reg uitdraai nie.

Want kinders + meel + selfvertroue = soms chaos. Meestal = nie suksesvol.

Maar hier is die ding.


Terwyl ek tussen printerrolle, emails en “Ma waar is die sif?” probeer oorleef, begin dit stadig deurdring:

Ek het eintlik nie tyd vir daai stir fry nie.

Nie vir die sny nie. Nie vir die pan warm maak nie. Nie vir die sous bou nie.

My kop het nog vasgehou aan die plan. My dag het lankal vir my gewys die plan gaan nie werk nie.


En soms, net soms, kom die oplossing uit ’n plek waar jy dit nie verwag nie.

Uit ’n tiener se verbruikerstudie resep.

Uit ’n kombuis vol meelspore.

Uit ’n kind wat eintlik net wil wys:“Ma kyk, ek kan.”

So ek het laat gaan.

Die plan. Die idee van wat aandete moet wees. Die klein stemmetjie wat sê ’n “regte ma” maak ’n gebalanseerde bord kos elke aand.

Want wie maak daai reels eintlik?


En voor ek my kom kry, staan daar ’n skinkbord op die tafel.

Warm scones. Botter wat so half smelt. Overpriced whipped cream. Konfyt. ’n Kombuis wat effens soos ’n bakkery lyk … en effens soos ’n crime scene.


En weet jy wat?

Dit was perfek.

Nie perfek soos in Pinterest nie.

Perfek soos in: hierdie was presies wat vandag nodig gehad het.

Geen stir fry. Geen skuldgevoelens. Net ’n aandete wat effens soos teatime lyk.

En ’n kind wat straal omdat sy hande iets gemaak het wat ons almal eet.


Party dae leer die lewe jou resilience.

Party dae leer dit jou vertrou.

Maar baie dae leer dit jou iets baie eenvoudiger:

Die plan wat jy gemaak het is nie altyd die plan wat jou gaan red nie.


Soms is dit scones.

Vir aandete.


En dalk is dit presies die tipe ma-wees wat kinders onthou.

Nie die perfek gebalanseerde bord nie.

Maar die dag toe die huis na vars scones geruik het en niemand omgegee het dat dit eintlik aandete was nie.

 
 
 

Comments


© 2025 MK Creative

bottom of page