top of page

Stof, Spinnekoppe & ’n Studio Storie

Ek sit hier, kaalvoet op ’n koue sementvloer, tussen ou rakke en kartondose en spinnekoppe in die hoeke. En tog voel my arms vandag wyd oop – want hierdie stukkie vuil garage gaan binnekort die geboorteplek wees van iets baie besonders.


Hier gaan ek bou, droom, ontwerp, druk en skep. Hierdie ruimte gaan transformeer in my kreatiewe spasie – ’n plek waar idees werklikheid word en waar ek my passie kan uitleef. Maar soos met alles in die lewe, begin dit nie skoon en mooi en klaar nie. Dit begin rou. Unfiltered. Nes ek.


Nou kom die lekker deel: Ek wil julle deel maak van hierdie nuwe hoofstuk. Hierdie spasie kort ’n naam.


Ek het twee gunsteling opsies:

  1. Die Skepkamer – ’n ruimte wat vertel van skepping, van maak, van nuwe dinge wat die lig sien.

  2. Madre Made Studio – meer persoonlik, meer direk gekoppel aan my handwerk en my kreatiewe identiteit.


Ek wonder: watter een praat met jou hart? Watter naam voel soos die perfekte pas vir ’n plek waar kreatiwiteit, kleur en drome bymekaar kom?


Laat weet my in die kommentaar / stories / DMs – ek wil hê jy moet saam help besluit. Want hierdie spasie is nie net myne nie, dit is ook die plek waar ek vir jou gaan skep. Jou idees, jou orders , jou projekte. Jou opinie maak saak.


Ek sien sommer die before and after blogposts, die chaos wat orde word,

die leë mure wat ontpop in wat huidiglik in my kop aangaan. En ja – die spinnekoppe moet padgee. Tuin toe verkieslik.


So, wat sê jy? Die Skepkamer of Madre Made Studio?


Help my kies – en join my in hierdie journey.

 
 
 

Comments


© 2025 MK Creative

bottom of page