

Steke, stories en Skoonma wat sê jy’s vet
My vriendin Rentia het nou die dag iets gesê wat my laat dink het. Nou kyk, Rentia is daai tipe vriendin wat my gereeld hier ’n wyntjie kom drink met stories waar ’n jy nie weet of jy eerste moet lag, bid, of nog ’n glas wyn skink nie. Sy het daai talent om vir jou iets te vertel wat tegelykertyd absurd én heeltemal geloofwaardig is. So toe sê sy vir my: “Ek verstaan net nie hoekom party skoonma’s hulle seuns met sulke dedication grootmaak vir die grootmenslewe, net om later
Madre Kohn
Jul 17


’n Reënboogbelofte
(Scroll na heel onder as jy eerder die audio clip wil luister!) Ek het nog nooit rêrig hieroor geskryf nie. Nie oor hoe ek daardie dag half senuweeagtig, half hoopvol die offer op die huis in Malmesbury geteken het nie. Nie oor hoe groot dit gevoel het nie. Nie oor hoe mens party keer iets teken met ’n pen in jou hand en ’n knop in jou keel, omdat jy nie heeltemal seker is of jy besig is om iets dapper te doen of iets simpel nie. Ek het net geweet: Hierdie is groot. Hierdie i
Madre Kohn
Apr 12


Vir die self-gediagnoseerde onromantiese mans daar buite
Voor iemand nou dadelik wonder of hierdie blog post oor een spesifieke man geskryf is: Nee. Wel… nie nét oor een nie. Kom ons sê eerder dis geïnspireer deur ’n hele, baie herkenbare kategorie mans wat “ek is nie romanties nie” gebruik asof dit ’n mediese diagnose is en nie ’n keuse nie. Jy ken seker een. Ek ook. Jy is dalk een. Hierdie tipe duik so gereeld in verhoudings op dat hy amper sy eie persoonlikheidstoets verdien. En dalk is dit juis hoekom ons bietjie daaroor moet g
Madre Kohn
Mar 26




